Paasfees naweekpret met jou rakker!

Paasfees naweekpret met jou rakker!

Dit is asof Paasfees met sy heerlike laaaaaaangweek net op die regte tyd gekom het. Ons hoop u kan ook afskakel en kwaliteit tyd saam met u familie deurbring.

Rakkertjie Reeks deel graag hierdie vier aktiwiteite om die woelwaters mee besig te hou. Kliek elke keer op die foto om die videogreep te sien. Laai die haaspatroon wat herhaaldelik gebruik word hier af.

Benodighede:

  • Versier jou paaseiers aktiwiteit:
    Teken eiers op karton. Smeer dit met gom en plak wat okal jy in die huis het. Hierdie is ‘n heerlike fyn motoroiese aktiwiteit.
  • Paasfees verfaktiwiteit:
    Maak jou eie verf met meel, water en kleursel. Ons het met vier eetlepels meel begin en water bygevoeg totdat hy vir ons reg gelyk het. Laat jou kleuter met allerlei voorwerpe soos oorstokkies en bolletjies watte verf. Trek sommer ‘n plastiese winkelsak aan bo-oor sy klere indien jul nie ‘n voorskoot het nie. Skryf hul naam op die blad sodat hul kan oefen hoe om die letters te maak.
  • Maak vir jou ‘n wollerige hasie:
    Druk die hasievorm uit op karton en knip hom uit. Gee vir jou kind ‘n sakkie vol bolletjies watte wat hy daarop kan plak. Dink iets ouliks uit vir ‘n stertjie. Hierdie kan die perfekte Paasfeeskaartjie wees vir ‘n geliefde.
  • Rasper seep en versier jou hasie:
    Koop sommer die heel goedkoopste seep by jou naaste kettingwinkel. Laat jou kleuter die seep rasper en self op sy hasie plak.

Hoe om gekleurde rys of pasta te maak:

Neem ‘n koppie rys, een teelepel asyn en voedselkleursel. Meng alles (dit skud lekker in ‘n ziplock-sakkie) deeglik deur en droog oornag uit in jou oond.

Onthou om jou werkspasie reg voor te berei vir ingeval boetie of sussie dalk mors.

Baie dankie aan klein Hendrik (3) wat vir ons so oulik model gespeel het!

Nou is die ideale tyd om Rakkertjie Reeks se voorskoolse opvoedkundige speelsakke vir die komende skoolvakansie te bestel! Dit is ook beskikbaar in engels. Raak sommer speel-speel slim!

Vorm Speelsak

Daar is nege basiese vorms wat ‘n kleuter moet ken om skoolgereed te wees. Rakkertjie Reeks wil hierdie taak vir jou op ‘n speel-speel manier vergemaklik met ons vorms speelsak.

Die sak bestaan uit nege speelmatte, klei, ‘n wasbare merker, wasgoedpennetjies met letters op sodat jy ook die vorm se naam kan identifiseer/spel. Die klei en wasgoedpennetjie stimulasie wat bygevoeg is, is uitstekend vir handspier- en fyn motoriese ontwikkeling.

Dit is belangrik dat jou kind altyd eers ‘n vorm in sy 3-dimensionele konsep leer, daarna gaan jy na ‘n 2-dimensionele plat oppervlak soos ‘n prent. So haal daardie shape sorters uit, of soek voorwerpe in jou huis om dit eers 3D vas te lê.

Loer ook agterop ons sakke watter vorms jou kind op watter ouderdom moet ken. Laat hul eers byvoorbeeld ‘n driehoek, sirkel en vierkant goed onder die knie kry voordat jy spring na ‘n ovaal of kruis toe.

Die vorm speelsak kos R260. Bestel joune vandag deur ‘n e-pos te stuur aan info@rakkertjiereeks.co.za. Ons koerier landswyd teen R120. Maak jou posgeld die moeite werd en loer gerus ook na ons ander opvoedkundige speelsakke op ons webwerf: www.rakkertjiereeks.co.za.

Rakkertjie Reeks
No Comments

Post A Comment