
16 Mar Zoep jou pretbak op met gekleurde spaghetti!
Posted at 11:05h
in DIY Aktiwiteite, Fyn motoriese vaardighede, Kreatiwiteit, Lettervorming, Vorms
0 Comments
Kook jou spaghetti soos normaal (water + kleursel + bietjie olie + spaghetti), maar voeg kleursel van jou keuse by.

Jou kleuter sal mal wees daaroor om die spaghetti met ‘n skêr te knip! Maak die bak dig toe en speel weer more verder!
Inkorporeer die aktiwiteit met die vorms of tel speelsak: laat hul die vorms of getalle met die pasta namaak/bou.
Rakkertjie Reeks se twee mamma’s se wenke vir woelige kleuters:
Dit is nou herfs en die dae raak koud. Bou vir jou kind ‘n binneshuise hindernisbaan met hoepels, ‘n springtou, laat hul bo-oor stoel klim, onderdeur ‘n tafel seil, spring in/bo-oor die teëls se blokke, ‘n bal rondom skoene wat in ‘n ry gepak is dribbel, ens. Kom ons ontwikkel daai lyfspiere en koördinasie!
**Volg Rakkertjie Reeks op Instagram **
No Comments