Hou tussen die lyne! #potloodgreep

Hou tussen die lyne! #potloodgreep

Terwyl ons die laaste snikke van die koue winter afskud, hou ons die vingers warm met ‘n paar potloodoefeninge en hoe dit later help met skrif en skryf. Let op jou kind se postuur wanneer hy of sy inkleur of skryf by ‘n tafel.

Skrif oefeninge

Potloodbeheer oefeninge

Patrone is ‘n belangrike opwarmingsproses vir skrif wat volg. Met die tuisonderrig wat ek aan my kinders in Gr. 1 en Gr. R moes gee het ek weer die belangrikheid daarvan ontdek.

Dit help met:

  • beplanning en die spasiëring van letters. Met oefening raak die patroon al hoe meer konsekwent en netjies – al die vorms raak ewe groot;
  • potloodbeheer. Die rondings van die patrone help kinders ook met die vorming van basiese letters;
  • Hoe meer ‘n kind skryf, hoe sterker raak sy hand en wat uiteindelik sy skryfspoed verhoog. Aan die begin raak jou arm moeg van skryf, maar hoe langer jy oefen hoe meer gemaklik en  natuurlik raak die proses.

Laai die drukbare pdf vir voltooi_die_patroon_I  en voltooi_die_patroon_II  hier af.

Om jou potlood se punt so gefokus tussen die lyne te hou verg inspanning! Dit is puik oefening vir potloodgreep sowel as -beheer. Vir ons as volwassenes lyk dit maklik, maar dit verg beplanning en konsentrasie om nie aan die lyntjies te raak nie.

Beplanning wanneer jy ‘n potlood hanteer is ‘n belangrike vaardigheid. Gestel jou kind wil ‘n prentjie teken van sy vakansie | sy huis | sy familie. Die eerste paar probeerslae eindig gewoonlik in trane omdat alles nie wil inpas nie. Hoe meer hul oefen, hoe makliker raak dit om voorwerpe op hul prent te spasieër.

Wanneer hul in Gr. 1 begin om woorde en sinne te skryf kom dieselfde dillemma in om soms alles op of in een lyntjie in te pas. Help jou kind met hierdie ontdekkingsreis van spasiëring en beplanning deur hom/haar met praktiese oefeninge te stimuleer.

Laai die drukbare pdf hier af.

Rakkertjie Reeks

Begin jou peuter vanaf die ouderdom 2-jaar stimuleer met Rakkertjie Reeks se oulike opvoedkundige speelsakke.

Bestel deur ‘n e-pos te stuur: info@rakkertjiereeks.co.za. Die hele pakket word eenmalig aangekoop en kan oor-en-oor gebruik word.

Vorm Speelsak
Vorm Speelsak - Versterking van handspiere.
No Comments

Post A Comment