
19 Mar Inkleur volgens nommers of somme
Oornag het almal se vakansiebeplanning weens Covid-19 verander. So tussen ons eie kinders se behoeftes deur gaan ons probeer om te deel waarmee ons onsself tuis besig hou. Vandag se versoek van die jongspan af was: inkleur volgens nommers!

Ons het hierdie dokumente by twee baie oulike webwerwe afgelaai:
- 123homeschool4me, en
- kindergartenworksheetsandgames.
Kinders in Gr.R en Gr.1 sal die sommetjie-inkleurblaaie terdeë geniet!
Laai INKLEUR VOLGENS NOMMER hier af.
Laai INKLEUR OP GROND VAN ‘n SOM hier af.
Ons gaan ook daagliks die lego-“challenge” aanpak. Die kinders kan hul beplanning op ‘n papier doen voor die bouery begin. Laai die (theyshirleyjourney.com) kalender hier af.
No Comments