Dobbelsteen speletjies en Math24 “printable”

Dobbelsteen speletjies en Math24 “printable”

Wie sou nou ooit kon raai dat dobbelstene pret kan verskaf? Laai die PDF hier van ‘n dobbelsteen hier af. Dit is eintlik so eenvoudig, maar vir ‘n stap-vir-stap verduideliking hoe om een te maak, besoek gerus: https://www.firstpalette.com/craft/paper-dice.html.

Speletjie-idees met jou dobbelsteen:

  • Oefeninge: Skryf of teken ‘n prent van ‘n oefening op die dobbelsteen bv. stersprong, rol op jou sy, paddasprong. Sit getalle op ‘n tweede dobbelsteen wat dan sal aandui hoeveel van elk jy moet doen.
  • Somme: Maak twee dobbelstene met getalle op. Neem die twee dobbelstene se getalle en: vermenigvuldig, tel bymekaar of trek af.
  • Vertel ‘n storie: knip ‘n verskeidenheid prentjies of woorde uit ‘n tydskrif. Gooi die dobbelsteen en skop die storie met die woord af. Daarna moet die volgende een gooi, sy prent/woord in die vorm van ‘n storie bylas. Kyk hoeveel keer jul die dobbelsteen kan gooi en vertel voor die storie uitgebak raak.
  • Teken ‘n prentjie: Teken liggaamsdele op elke sy van die dobbelsteen. Gooi die dobbelsteen en kyk wat jy moet teken, bv. arms, gesig, tone. Maak beurte en kyk wie se prent is eerste voltooi. Die liggaamsdele kan die lyf wees of gebruik jou Rakkerjie Reeks emosie speelsak om ‘n pragtige gesig te voltooi. In plaas van teken kan jy dit ook bou uit klei om die handspiere te oefen en versterk.
  • Vertoning: Hou ‘n vermaaklike uitvoering met jou dobbelsteen. Skryf konsert-idees op die kante soos: vertel ‘n grap, doen ‘n dansie, sing ‘n liedjie en dies meer.

Ons het ook toevallig gesien jy kan liedjies uit die FAK sangbundel se woorde en musiek aflaai by SANGBUNDEL. Laat waai met deuntjies soos Rokkies wou sy dra, Die padda wou gaan opsit en Trippe, trappe, trone. Jy kan jul eie noot-vir-noot in die sitkamer hou!

Wie kan die Math24-spel onthou?
Ek soek al lank die oorspronklike speletjie in SA, maar lyk ons sal maar vir tuisgemaakte kaarte van worksheets.site moet skik. Laai ‘n PDF met die scenario’s hier af.

Rakkertjie Reeks se vorms speelsak is ‘n heerlike item om in die huis te hê! Dit is ook beskikbaar in engels.

Vorm Speelsak

Daar is nege basiese vorms wat ‘n kleuter moet ken om skoolgereed te wees. Rakkertjie Reeks wil hierdie taak vir jou op ‘n speel-speel manier vergemaklik met ons vorms speelsak.

Die sak bestaan uit nege speelmatte, klei, ‘n wasbare merker, wasgoedpennetjies met letters op sodat jy ook die vorm se naam kan identifiseer/spel. Die klei en wasgoedpennetjie stimulasie wat bygevoeg is, is uitstekend vir handspier- en fyn motoriese ontwikkeling.

Dit is belangrik dat jou kind altyd eers ‘n vorm in sy 3-dimensionele konsep leer, daarna gaan jy na ‘n 2-dimensionele plat oppervlak soos ‘n prent. So haal daardie shape sorters uit, of soek voorwerpe in jou huis om dit eers 3D vas te lê.

Loer ook agterop ons sakke watter vorms jou kind op watter ouderdom moet ken. Laat hul eers byvoorbeeld ‘n driehoek, sirkel en vierkant goed onder die knie kry voordat jy spring na ‘n ovaal of kruis toe.

Die vorm speelsak kos R180. Bestel joune vandag deur ‘n e-pos te stuur aan info@rakkertjiereeks.co.za. Ons koerier landswyd teen R120. Maak jou posgeld die moeite werd en loer gerus ook na ons ander opvoedkundige speelsakke op ons webwerf: www.rakkertjiereeks.co.za.

Rakkertjie Reeks
No Comments

Post A Comment