Voorgrond-agtergrond persepsie en vormwaarneming

Voorgrond-agtergrond persepsie en vormwaarneming

 

Ons as ouers verwag dikwels dat visuele en ouditiewe prosessering ‘n outomatiese proses by kinders is. Dit verg egter stimulasie en oefening om hierdie konsepte stewig in die brein vas te lê.

Visuele en ouditiewe prosessering verwys na die liggaam se vermoë om dit wat ons deur ons sintuie waarneem te kan interpreteer. Hierdie vaardigheid het ‘n groot invloed op ons lees-, luister-, leervermoë en doelgerigte taakuitvoering.

Vandag deel ons twee visuele prosesseringsoefeninge naamlik voorgrond-agtergrond diskriminasie en vormwaarneming.

Vormpersepsie is die vermoë om vorms, simbole, letters, ensovoorts ten spyte van hul posisie, grootte of agtergrond te herken.

Vormwaarneming word as een van die mees basiese diskriminasies wat ‘n kind moet kan maak gesien. Probleme in die gebied veroorsaak ‘n groot akademiese agterstand omdat daar min aktiwiteite is waar vorms nie op ‘n manier betrek word nie.

Indien leerder nie tussen vorms kan onderskei nie sal hy/sy sukkel om die alfabet aan te leer, later ook lettergrepe en woorde. Dit het ‘n geweldige effek op leesvaardigheid en uiteindelik die kind se vermoë om werk doelgerig te verrig.

Laai die drukbare pdf hier af.

Voorgrond-agtergrond-persepsie verwys na die vermoë om die aandag op ‘n spesifieke voorwerp of aspek te fokus, terwyl alle ander stimuli geïgnoreer word. Die brein moet voorwerpe op die voor- en agtergrond afsonderlik waarneem om hul sinvol te skei, afhangende van die opdrag.

Voorgrond-agtergrond diskriminasie speel ‘n groot rol veral met leesvaardighede. ‘n Kind wat hiermee sukkel verloor makliks sy plek op ‘n bladsy of sukkel byvoorbeeld om een woord in ‘n sin te lees.

Laai die drukbare pdf hier af.

Rakkertjie Reeks

Begin jou peuter vanaf die ouderdom 2-jaar stimuleer met Rakkertjie Reeks se oulike vorms speelsak.

Bestel deur ‘n e-pos te stuur: info@rakkertjiereeks.co.za. PRYS: R180 (posgeld R50-100).

Vorm Speelsak
Vorm Speelsak - Versterking van handspiere.
No Comments

Post A Comment