Ons gesels kombuis: gevare en wat kom waar

Ons gesels kombuis: gevare en wat kom waar

 

Kinders se spraak en woordeskat ontwikkel kleintyd op grond van dit wat hul hoor. Hulle is klein sponsies wat kennis bymekaar maak. Ons as ouers en opvoeders moenie hierdie geleentheid laat verby gaan nie.

 

Ons fokus hierdie week op die kombuis met twee lekker aktiwiteite. Kinders is gaande daaroor om saam met mamma inkopies te gaan doen. Die gevoel is nie altyd wedersyds nie, maar so leer hul ook van verskillende produkte en hoe om slim met geld te werk. Die uitstappie hoef egter nie daar te eindig nie. Leer hul ook watter items word waar geberg en die raklewe van kruideniersware.

Kinders is ook nooit te jonk om van gevare in en om die huis te leer nie. Neem tyd om vir jou kind te verduidelik hoekom hy iets nie of moet doen, dit help hul om ander potensiële gevare te vermy deur afleidings op grond van hul kennis te maak.

[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]

Merk al die gevare in die kombuis. Gesels hul een-vir-een deur om jou kind se woordeskat en kennis te verbreed.

Laai die drukbare pdf hier af.

Help jou kind om die kruideniersware uit te knip. Plak dit dan op die korrekte plek: in die kas of in die yskas. Gesels oor elke item hoekom dit daar geberg moet word.

Laai die drukbare pdf hier af.

Rakkertjie Reeks

Begin jou peuter vanaf die ouderdom 2-jaar stimuleer met Rakkertjie Reeks se opvoedkundige speelsakke. Teen R710 kan jy die volle reeks bestel. ‘n Eenmalige kopie waaroor jy nie spyt sal wees nie. Daar is genoeg materiaal vir die hele gesin en dit kan oor-en-oor gebruik word.

 

Ons reeks fokus op al die fasette wat benodig word vir skoolgereedheid en is gepak met fyn motoriese aktiwiteite. Rakkertjie Reeks bestaan  uit die volgende speelsakke: emosie (R180), vorms (R180), beweeg (R100), Tel/patrone/kleure (R250). Koerierkoste landswyd is minder as R120. Bestel deur ‘n e-pos te stuur: info@rakkertjiereeks.co.za. Loer op ons webwerf na elkeen se spesifieke inhoud en doel.

No Comments

Post A Comment