Nommers en syfers

Nommers en syfers

Een van die eerste redes hoekom ek getalle vir my kinders wou aanleer, was sodat hul die syfers op die horlosie kan lees en moontlik begryp dat dit nog nie opstaantyd is nie. Nodeloos om te noem, dit werk nie. ☺

 

In vandag se era waar ons ‘n “sakrekenaar” (selfoon) in ons sak saamdra, wonder mens dikwels hoe relevant kopsomme en ‘n liefde vir wiskunde is. Dit is egter veel meer as om by ‘n antwoord uit te kom! Wiskunde ontwikkel logiese redenering, probleemoplossing en die vermoë om kreatief te dink.

 

Wanneer jou kind ‘n probleemoplossing kry, word hy uitgedaag om die data te analiseer; hetsy deur patroonherkenning, toepaslike vrae te vra of verskillende metodes te gebruik om die antwoord te kry en te verifieer.

 

Rakkertjie Reeks wil jou as opvoeder bystaan om van kleins af ‘n belangstelling in syfers en getalle te prikkel. Loer gerus na die inhoud en uitkomste van ons tel, patroon en kleur speelsak sodat ons jou hand vat in die ontwikkeling van jou kind se kritiese denkvaardighede.

Stimuleer getalherkenning met hierdie skoenlapper nommerpret-inkleur werkblad.

Laai die drukbare pdf hier af.

Moenie altyd dink ‘n getallelyn maak so takie altyd makliker nie. Dit stimuleer ook oogvolging en kan die korrekte vorming van getalle vaslê. Oefen wat kom voor en na getalle met hierdie werkblad.

Laai die drukbare pdf hier af.

Rakkertjie Reeks

Begin jou peuter vanaf die ouderdom 2-jaar stimuleer met Rakkertjie Reeks se oulike tel speelsak.

Bestel deur ‘n e-pos te stuur: info@rakkertjiereeks.co.za. PRYS: R250 (posgeld R50-100).

No Comments

Post A Comment