Raak kreatief met klei

Raak kreatief met klei

Klei speel is ‘n aktiwiteit wat op enige plek gespeel kan word – of jy by die huis, by die skool of by ʼn maatjie is. Uit ‘n stimulasie oogpunt is dit ‘n wonderlike speelse manier om leerders se handspiere onbewustelik sterker te maak.

Deur klei speel oefen ons hoe om ons hande saam te gebruik. Biede moet dieselfde bewegings kan doen, of heentemal die teenoorgestelde gelyke tyd! Ons oefen ook om in die middel van ons lyfie te werk. Kleispeel is dus stimulerend, sensories, kreatief en ‘n aangename tydsverdryf. Pas dit gerus aan om spesifieke komponente by u kind te stimuleer.

Ons arbeidsterapeut bring baie tyd saam met leerders deur, en raai wat is hul hoogtepunt? Klei speel. Op só dag wat leerders se werk klaar is en hul klei kan speel is dit vir haar heerlik om hul dop te hou om te sien wie wat met die klei doen. Hul kreatiwiteit is verstommend en ons deel graag ‘n paar idees met julle:

  • Party speel restaurant-restaurant. Hul probeer verskillende kossoorte maak: burgers, pizza, pasta en ‘meatballs’, soos hulle sê.
  • Nog ʼn gunsteling is om sneeumanne of karretjies te bou en dan natuurlik somme of woorde wat hulle geleer het.
  • En dan is daar leerders wie lekker die klei uitrol en verskillende teksture probeer maak op die klei met al hul skryfbehoeftes; net om te voel hoe lekker dit voel.

Wanneer jy as ‘n gesin saam klei speel, bied dit elkeen die geleentheid vir “vryspel” op sy eie manier – elkeen doen waarvoor hy lus het, maar tog is dit beperk tot klei speel. Volgens ons arbeidsterapeut Margo is dit ook wonderlik om te sien hoe kinders se struktuur (beplanning) en vaardigheid (netheid) van spel oor tyd verbeter. En natuurlik die glimlagte wanneer hul in hul doel geslaag het.

Om heerlik te kan klei speel hoef jy ook nie ‘n klomp items aan te koop nie:

  • Gebruik sommer “pritt” om klei uit te rol en die doppie om sirkels te druk.
  • ‘n Liniaal is ‘n groot treffer, ““want het Juffrou geweet ek kan dit sny met my liniaal?”.
  • Om klei met ‘n skêr te knip is ook ‘n wenner om ‘n klomp komponente gelyk te oefen.
  • Gebruik items soos krale en indrukkertjies om die goedjies wat hul bou te versier.

So wat is ons verskoning? Ons oordink dit wanneer ons met ons kinders speel. Ons probeer en verwag te veel. Ons nooi jou dus uit om ‘n slag terug te sit en kyk, laat hul spel jou lei. Geniet die aktiwiteite saam met jou kind en sit ‘n hand by waar hul hulp benodig.

Hier is ‘n oulike fyn motoriese klei aktiwiteit:

BENODIGHEDE: Klei, ‘n tangetjie/“tweezer” en pennetjies .

  1. Rol die klei met albei hande op die tafel oppervlakte in ʼn lang wurm.
  2. Laat jou kind die pennetjies van links na regs in die wurm indruk met hul dominante hand.
  3. Laat hul die tang/“tweezer” gebruik om die pennetjies een-vir-een te verwyder en terug te plaas in ‘n bakkie.
  4. Sodra hul selfvertroue het, laat hul die nie-dominante hand gebruik.

Lekker speel en geniet jou kinders!

Rakkertjie Reeks fokus op hierdie vorm van speel en daarom is die basis van al ons speelsakke klei. Elke sak het sy eie tema met speelmatte om die spesifieke konsep op ‘n speelse manier vas te lê. Elke sak is toegerus met instruksies sodat jy dit kan aanpas van ‘n 2- tot 6-jarige. Rakkertjie Reeks skep ‘n wonderlike fondasie vir opvoedkundige spel.

Rakkertjie Reeks
No Comments

Post A Comment