Inkleur volgens vorms

Inkleur volgens vorms

Vorms herhaal dwarsdeur jou lewe. Soveel so dat ons nie eers meer oplet hoe baie ons daarmee te doen het nie. Enige prent bestaan uit ‘n kombinasie van verskillende vorms. Wanneer jy bv. ‘n huis teken moet jy weet: ‘n vierkant vir mure, driehoek vir dak, reghoek vir ‘n voordeur, ens.

As jou kind vorms kan identifiseer, vergemaklik dit, of is dit ‘n goeie oefening, om dit by te trek met instruksies. Byvoorbeeld gaan haal ‘n vierkantige plastiekbak uit die laai of jou rooi, ronde bordjie.

Hier is ‘n aktiwiteit waarmee jy jou kinders se kennis van vorms kan stimuleer.
1. Laat hul die vorms benoem en uitwys.
2. Daarna moet die vorms volgens die kleurkode ingekleur word.
3. Jy kan ook die werkblad 2x uitdruk met ouer kinders dat hul dit uitknip en op die korrekte plek plak.
4. Laat kinders bo die ouderdom van 6 die prent inkleur. Knip dit in stukke dat hul dit weer as ‘n legkaart bou en plak.

Klik hier om die aktwiteit in pdf-formaat af te laai.

Daar is nege basiese vorms wat ‘n kleuter moet ken om skoolgereed te wees. Rakkertjie Reeks wil hierdie taak vir jou op ‘n speel-speel manier vergemaklik met ons vorms speelsak.

Die sak bestaan uit nege speelmatte, klei, ‘n wasbare merker, wasgoedpennetjies met letters op sodat jy ook die vorm se naam kan identifiseer/spel. Die klei en wasgoedpennetjie stimulasie wat bygevoeg is, is uitstekend vir handspier- en fyn motoriese ontwikkeling.

Dit is belangrik dat jou kind altyd eers ‘n vorm in sy 3-dimensionele konsep leer, daarna gaan jy na ‘n 2-dimensionele plat oppervlak soos ‘n prent. So haal daardie shape sorters uit, of soek voorwerpe in jou huis om dit eers 3D vas te lê.

Loer ook agterop ons sakke watter vorms jou kind op watter ouderdom moet ken. Laat hul eers byvoorbeeld ‘n driehoek, sirkel en vierkant goed onder die knie kry voordat jy spring na ‘n ovaal of kruis toe.

Die vorm speelsak kos R180. Bestel joune vandag deur ‘n e-pos te stuur aan info@rakkertjiereeks.co.za. Ons koerier landswyd teen ongeveer R100. Maak jou posgeld die moeite werd en loer gerus ook na ons ander opvoedkundige speelsakke op ons webwerf: www.rakkertjiereeks.co.za. Die speelsakreeks is ook beskikbaar in engels.

Rakkertjie Reeks
No Comments

Post A Comment